top of page

Outdoor and Camping

Weg!

Het jy ‘n wilde diere-video? Deel dit en word betaal!

 

Nadav Ossendryver lyk soos ‘n tipese hoërskoolleerling – lank en maer, dra Chuck Taylor-skoene en slaan die tromme in ‘n band. Amper nes Mark Zuckerberg voor hy Facebook begin het. Nadav het 3 jaar terug op 16-jarige ouderdom ook ‘n sosiale netwerk gebou: Latest Sightings. Vandag het Latest Sightings die grootse groep YouTube-volgelinge in Suid Afrika.

WegSleep

Conqueror-boswaprojek (#1 Tent)

 

In die volgende ses uitgawes van WegSleep (#73-78) wys ons stapsgewys hoe jy ’n basiese boswa, die Conqueror Courage Light, self kan toerus soos dit jou sak en behoeftes pas. Hou ook ons Youtube-kanaal dop vir meer videos van die boswaprojek.

Ons skop ons af met die tent op die boswa. Kyk hier hoe die ouens by Conqueror se hooftak in Heidelberg die tent op die Courage monteer.

WEGRY

Pak dit op die dak

 

Om jou ’n beter aanduiding te gee van watter dakrakke jy in die hande kan kry en watter bykomstighede beskikbaar is, het ons die produkte van ’n paar bekende verskaffers bekyk. Hou in gedagte dat dakrakke in verskillende groottes kom omdat die grootte van voertuie verskil. Ons gee net die pryse van die algemeenste groottes.

bottom of page